Moenie vergeet om te onthou nie! So soms speel daar 'n glimlag in ons onthou van gister om die mond. Dis dan wat 'n mens net weer besef hoeveel mooi en goed daar tog in die lewe is en was. Juis daarom is dit so belangrik om vandag met soveel passie binne God se drome te lewe dat jy ook môre sal kan terugkyk op vandag met mooi herinneringe. Shalom